Warm geroosterde neute

FOTO Donna Lewis

genoeg vir 6-8

  • 30 ml olyfolie
  • 15 ml fyn komyn
  • 5 ml fyn knoffel
  • 10 ml growwe seesout, fyngemaal
  • 4 takkies roosmaryn, fyngekap
  • varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml gerookte paprika
  • 400 g gemengde neute (bv. amandels, pekan- en kasjoeneute)

Verhit oond tot 180 ºC. Meng die olie en al die ander bestanddele behalwe die neute saam. Plaas neute op oondroosterplaat en sprinkel oliemengsel oor neute. Skud pan heen en weer tot al die neute bedek is met die mengsel. Maak seker die neute lê in ’n eweredige laag. Plaas in oond en rooster vir 15-20 minute. Skud die pan elke nou en dan bietjie. Die neute is reg wanneer dit goudbruin is en geurig ruik. Laat effens afkoel en bêre in lugdigte houers of sit voor in glasflesse en bakkies op jou trollie.