Geroosterde hoender met broodkrummel-en-pietersielie-vulsel

akkreditasie
Hierdie vulsel word onder die vel van die hoender ingestop. Dis baie maklik om te maak.

Hierdie vulsel word onder die vel van die hoender ingestop. Dis baie maklik om te maak.

  • 3 snye wit- of bruinbrood
  • hand vol pietersielie
  • 50 okkerneute
  • 125 g sagte botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 vryloop-hoender
  • sap van 1 suurlemoen

Rooster die brood. Die rede hoekom ek dit doen, is omdat vars brood nie goed werk as jy broodkrummels wil maak nie. Plaas pietersielie en okkerneute in ’n voedselverwerker en kap fyn. Breek roosterbrood in stukke en voeg by in voedselverwerker. Kap fyn. Voeg sagte botter by en meng goed. Geur met sout en peper. Maak die vel op die borskas van die hoender los deur saggies met jou vingers van die agterkant te werk (nie die nek se kant), soos ’n sakkie wat jy oopdruk. Werk maar versigtig, die vel moenie skeur nie. Druk die vulsel bietjie vir bietjie in en vou dan die vel by die opening toe. Bind die hoender se bene vas met tou. Plaas in oondroosterbak en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout en peper.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG of PDF.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees