
’n Dieet met min koolhidrate het baie voordele, meen gesondheidskenners oor die hele wêreld. Hierdie maklike geregte bevat geen stysel nie, en dis boonop so lekker, jy sal die aartappels of rys nie eens mis nie.
genoeg vir 6
Mayonnaise
• 3 eiergele
• 250 ml olyfolie
• 30 ml korrelmosterd
• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
• sout en varsgemaalde swartpeper
Calamari
• 600 g calamari-ringe
• 45 ml tiemie
• sap en gerasperde skil van 3 suurlemoene
• 60 ml gerookte paprika
• 60 ml olyfolie
Plaas al die bestanddele vir die mayonnasie in ’n 500 mlmaatbeker. Plaas staafmenger (stick blender) in die beker op die bodem. Skakel menger aan op sy hoogste spoed en lig dit stadig na oppervlak terwyl menger loop. Die mengsel sal ’n mayonnaise vorm. Geur baie goed met sout en peper. Hou eenkant. Plaas calamari in groot mengbak en gooi res van bestanddele oor. Meng deur. Geur goed. Verhit ’n kleefvrye braaipan tot warm en roerbraai calamari tot goudbruin en gaar – 8–10 minute. Sit warm voor met mayonnaise.