Aarbeikaaskoek

akkreditasie

Die kaaskoek is dun genoeg sodat jou gewete jou nie pla as jy twee snye eet nie.

genoeg vir 12

KORS

155 g (170 ml) botter, in blokkies gesny

280 g (500 ml) koekmeel

60 ml versiersuiker

45 ml yswater

VULSEL

2 x 230 g-bakkies roomkaas

4 eiergele

5 ml vanieljegeursel

80 g (95 ml) strooisuiker

35 groot aarbeie, stingels afgesny

Kors Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, meel en versiersuiker in voedselverwerker en pols by hoe¨ spoed tot tekstuur van fyn broodkrummels. Terwyl menger loop, gooi water geleidelik by tot alles in een deegbal saamkom. Laat rus vir 15 minute in yskas. Rol op meelbestrooide werkvlak tot 3 mm dik uit. Spuit oondpan van

30 x 20 cm goed met kleefwerende kossproei. Voer pan uit met uitgerolde deeg. Bak blind (sien wenk onder) vir 15 minute. Vulsel Plaas al die bestanddele vir die vulsel, behalwe die aarbeie, in menger se bak en klits tot glad en romerig. Gooi in kors. Pak aarbeie met stingelkant na onder bo-op. Bak vir 25 – 30 minute of tot mengsel gestol is. Laat afkoel en sit voor.

Wenk

Blind bak beteken om ’n tertdop vooraf sonder ’n vulsel te bak. Prik die boom, plaas bakpapier oor die deeg en vul die bodem met droe¨ boontjies of rou rys. Bak sowat 10 minute en verwyder die papier met boontjies of rys. Gooi die bone of rys weg, of hou dit vir ’n volgende keer se blind bak.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees