genoeg vir 6

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 40 ml water
  • 30 ml botter plus ekstra vir braai
  • 250 ml room
  • 4 eiers
  • 200 ml melk
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 6 doughnuts, sonder versiersel
  • 100g grondboontjiesplinters

Plaas suiker en water in middelslag-pot en roer oor lae hitte tot al die suiker gesmelt het. Verhoog hitte en bring tot kookpunt. Kook tot goue karamel vorm, 5-8 minute. Verwyder van hitte en voeg botter by. Skud pot liggies heen en weer tot botter ingemeng het. Voeg room op een slag by en plaas terug oor hitte. Roer tot gladde sous vorm – die karamel kan dalk stol wanneer jy die room bygooi, maar namate jy dit verhit, sal die karamel weer smelt. Laat afkoel terwyl jy die “toast” maak. Klits eiers, melk en vanielje saam in groot plat bak. Plaas doughnuts in mengsel en laat week 2 minute. Draai om en week nog 2 minute. Lig uit melkmengsel en rol in gekapte grondboontjies. Verhit bietjie botter tot warm in braaipan en braai geweekte doughnuts 1-2 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Sit voor met karamelsous.