French toast-jaffel met appelvulsel

akkreditasie
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 6

Verhit botter tot warm in middelslagpot. Voeg suiker by en roer nou en dan tot ligte karamel vorm. Voeg appelblokkies by en braai 2 minute of tot karamelsous in pot vorm. Gooi rum en kaneel by en verlaag hitte. Laat stadig prut tot sagte appelvulsel vorm, 10-12 minute. Roer elke nou en dan. Verwyder kaneelstok en laat afkoel. Klits eiers, melk en vanielje saam in groot plat bak. Pak broodsnye in mengsel en laat week 1 minuut. Draai brood om en week nog 30 sekondes. Spuit ’n jaffelpan baie goed met kleefwerende kossproei (doen dit baie deeglik). Plaas een sny geweekte brood in jaffelpan en skep lepel vol vulsel in middel. Plaas tweede geweekte sny brood bo-op en maak pan toe. Sny brood wat oorhang af. Braai 2-3 minute per kant of tot goudbruin. Haal uit pan en sif versiersuiker oor. Herhaal met res van brood. Sit voor met crème fraîche en springmielies.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees