
FOTO Michael le Grange
Hier is die weergawe wat jy maak as jy ’n klomp mense onthaal en nie hou van baie werk nie.
genoeg vir 1 koek
- 8 croissants
- 400g ricotta-kaas
- 125 g bloubessies (vars of bevrore)
- 100 g (125 ml) suiker
- 200 g witsjokolade, fyngekap
- 800 ml melk
- 6 eiers
- 5 ml vanieljegeursel
- 250 ml vanieljevla vir voorsit
- rose vir garnering (opsioneel)
Verhit oond tot 180 °C. Sny croissants in happiegrootte stukkies en plaas in mengbak. Krummel ricotta by. Voeg bessies, suiker, sjokolade, melk, eiers en vanieljegeursel by. Meng goed. Spuit patroonpan met volume van 2 liter goed met kleefwerende kossproei. Skep mengsel in pan en plaas in warm oond. Bak 25-30 minute of tot gestol en bokant mooi goudbruin raak., Laat afkoel tot louwarm, Keer uit op opdienbord en gooi vla oor. Sprinkel roosblare oor en sit voor.