genoeg vir 16

  • 1 x 300 g-bottel sjokoladesmeer (Nutella)
  • 250 ml grondboontjiebotter
  • 16 snye brood, korsies verwyder
  • 4 eiers
  • 200 ml melk
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 200 g graanvlokkies, fyner gedruk
  • 75 g (80 ml) botter vir braai
  • 100 g (125 ml) kaneelsuiker
  • heuning vir voorsit

Meng sjokoladesmeer en grondboontjiebotter. Pak broodsnye op werkvlak en rol met koekroller oor brood om snye effens platter en langer te maak. Smeer gerolde brood ruim met sjokolademengsel. Rol broodsnye op in stywe rolletjies. Meng eiers, melk en vanielje in plat bak. Week broodrolletjies 2 minute in eiermengsel en rol dan in graanvlokkies. Verhit botter tot warm in braaipan. Braai rolletjies 1-2 minute per kant of tot goudbruin reg rondom. Verwyder uit pan en rol in kaneelsuiker. Sit voor met heuning.

LEES OOK: French toast-doughnuts