
genoeg vir 4
- 1 x 350 g-houer mascarpone-kaas
- 100 g (125 ml) strooisuiker
- 60 ml baie sterk koffie
- 8 snye witbrood (sny dit lekker dik, sowat 2 cm)
- 100 g sjokolade, gerasper
- 6 eiers
- 200 ml melk
- 5 ml vanieljegeursel
- 75 g (80 ml) botter vir braai
Klits mascarpone, suiker en koffie by lae spoed saam tot gladde romerige mengsel – as jy te vinnig klits, kan die mengsel skif. Pak broodsnye op werkvlak en smeer oor elke sny ’n lepel vol mascarpone-mengsel. Sprinkel ’n dun laag sjokolade oor helfte van gesmeerde brood. Plaas tweede sny brood met mascarpone-mengsel na binne bo-op sjokoladelaag. Klits eiers, melk en vanielje saam in groot plat bak. Pak broodjies in melkmengsel en laat staan 2 minute. Draai broodjies om en laat staan nog 2 minute sodat melk-en-eiermengsel in broodjie kan intrek. Verhit botter in braaipan en braai broodjie 1-2 minute per kant of tot goudbruin en gaar – maak seker jy braai die kante van die broodjie ook. Sit warm voor