
Lus vir iets ligs en maklik? Probeer hierdie quiche – die geheim is die kors, dis ’n trio van Kellogg's.
genoeg vir 8 Kors
• 250 ml Kellogg’s Special K, fyngemaal
• 250 ml Kellogg’s Corn Flakes, fyngemaal
• 250 ml Kellogg’s All-Bran, fyngemaal
• 250 ml sterk cheddarkaas, gerasper
• 100 ml gesmelte botter
• 1 eier
Vulsel
• 30 ml olyfolie
• 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 8 murgpampoentjies, in skyfies gesny
Vlamengsel
• 250 ml romerige jogurt
• 2 eiers
• 1 eiergeel
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 250 ml mozzarella-kaas, gerasper
Verhit oond tot 180 °C.
Kors
Meng al die korsbestanddele. Spuit 20 x 15 cm-losboom-quichepan met kleefwerende kossproei. Gebruik vingerpunte en druk die korsmengsel in die pan tot eweredig bedek.
Vulsel
Verhit olyfolie tot warm in braaipan. Roerbraai groente vir 5 – 8 minute tot groente gaar maar nie pap nie is.
Vla-mengsel
Meng vla-bestanddele en gooi in pan wat met korsdeeg uitgevoer is. Pak groente bo-op vla-mengsel. Geur goed met sout en peper. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel tot louwarm en sit voor.