Deel

Hoenderpastei

akkreditasie
Ek hou van myne met ’n lekker sous – dis veral perfek as jy dit saam met rys voorsit

(8 porsies)

  • 2 heel hoenders, in stukke gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 90 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 selderystokke, in dun skywe gesny
  • 250 g ham, in blokkies gesny
  • 250 ml witwyn
  • 250 ml hoender-aftreksel
  • 15 ml witwynasyn
  • 5 ml gemengde droë kruie
  • 2 lourierblare
  • 40 ml mielieblom, gemeng met 50 ml water
  • 1 vel blaardeeg (400 g)
  • 1 eier, geklits

Verhit oond tot 180 °C. Geur hoenderstukke met sout en swartpeper. Gooi 60 ml van die olyfolie in ’n oondbak en plaas hoender daarin. Maak bak toe met tinfoelie en plaas in warm oond. Rooster vir sowat 1 uur. Haal uit en verwyder vleis van die bene. Hou sous wat uitgekook het eenkant. Verhit die res van die olyfolie in ’n kastrol. Braai die uie, knoffel en seldery tot sag. Voeg die ham en hoendervleis by. Voeg hoendersous by asook die wyn, aftreksel en asyn. Geur met sout, swartpeper, kruie en lourierblare. Verhit die vulsel, maar moenie te veel roer nie. Verdik dit met die mielieblom-mengsel. Gooi mengsel in ’n pasteibak en laat afkoel voor jy die deeg bo-op plaas. Sny ’n lang strook uit die deeg en plaas om die rand van die bak. As jy ’n pastei-ventilator het, plaas dit in die middel van die vulsel. Smeer die strook deeg met geklitste eier. Plaas die res van die deeg bo-op. Versier die pastei met orige deegstukkies. Verf deeg met die geklitste eier. Bak vir 30 – 35 minute tot bros en goudbruin.

Om te drink

Die pynappel- en groen gras-geure in Simonsvlei se Hercules Paragon 2008 Sauvignon Blanc sal ’n treffer wees hierby.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees