(genoeg vir 8)

  • 185 g (200 g) botter
  • 185 g donkersjokolade, grofgekap
  • 3 eiers
  • 250 g (310 ml) suiker
  • 95 g (170 ml) koekmeel
  • 100 g fudge, baie fyn gekap

Verhit oond tot 160 °C. Sit botter en donkersjokolade in ’n glasmengbak. Plaas oor pot met kookwater en smelt tot gladde mengsel vorm. Voeg eiers een vir een by en roer goed met houtlepel. Voeg suiker by en meng goed. Sif meel en meng in by gladde mengsel. Vou fudge by. Gooi mengsel in ’n ronde losboompan van 25 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas in warm oond en bak 40 – 45 minute of tot gestol. Die middel moet nog klam wees. Laat afkoel. Keer uit en sny in skywe.