Ek bak gereeld dié koekies vir my honde. Sorg dat jy suikervrye grondboontjiebotter gebruik, en onthou, nie meer as een koekie per dag nie!

genoeg vir 40–50 koekies

• 180 ml pampoenpuree • 60 ml suikervrye grondboontjiebotter (maak seker dit bevat geen versoeters soos xylitol nie) • 2 eiers • 420 g (750 ml) volgraanmeel, plus ekstra vir uitrol • 100 g fyn biltong 

Verhit oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele saam tot sagte koekiedeeg vorm – voeg ekstra meel by as dit te nat is. Voer twee groot bakplate uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Sprinkel ekstra meel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik koekiedrukkers met vorms van jou keuse en druk koekies uit. Plaas op bakplaat en bak 20–25 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en roep vir Wagter!

Onthou om vanaand om 17:30 vir Herman op die kykNET-diereprogram Hond se gedagtes te kyk. Hy wys dan stap-vir-stap hoe om dit te bak.

Kyk die lokprent: