Maklike sjokoladekoek

akkreditasie
SARIE KOS
SARIE KOS
Die koek het ek as kind gebak

’n Sjokoladekoek bly ’n treffer en hierdie resep gaan jou mond laat water!

• 155 g koekmeel

• 200 g strooisuiker

• 40 g kakao

• 20 ml bakpoeier

• ¾ koppie olie

• ¾ koppie kookwater

• 5 eiers

• 10 ml vanieljegeursel

• 5 ml bakpoeier

• 6 eetlepels Nutella

• 100 g 70%-sjokolade

Verhit jou oond tot 180 °C. Sif die koekmeel, strooisuiker, kakao en die 20 ml bakpoeier saam. Voeg die olie en kookwater by en meng liggies. Skei die eiers en klits die eiergele en vanieljegeursel saam. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die eierwitte tot styf, voeg die 5 ml bakpoeier by en klits weer.Roer een derde van die geklitste eierwitte by die meelmengsel en vou die res liggies in.

Bak in twee gesmeerde 20 cm-panne of een groot ringpan. As twee panne gebruik word, bak vir 25 tot 30 minute. Vir een groot pan, bak vir ongeveer 45 minute. Keer uit die panne en laat effens afkoel. Verhit die Nutella in die mikrogolfoond tot effens loperig en versier die sjokoladekoek daarmee.

Smelt die 70%-sjokolade en smeer dit redelik dik op 'n gesmeerde stuk bakpapier. Laat dit hard word en breek in stukke. Versier die koek verder met die gebreekte sjokolade en sif dan ’n bietjie versiersuiker oor.

Ons eerste SARIE KOS-voorblad

Dié koek was die ster op ons heel eerste SARIE KOS-voorblad in 2007. En byna 12 jaar later, laat dit steeds ons monde water!

sarie kos 2007 eerste uitgawe

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees