GENOEG VIR 8-10

• 1 boks (600 g) Ina Paarman -vanieljekoekmengsel

• 3 eiers

• 180 ml olie

• 250 ml melk

• 60 ml appelkooskonfyt

• 200 g witsjokoladesplinters

SOUS

• 1 blik ingedampte melk

• 250 ml warm water

• 400 g (500 ml) suiker

• 30 ml botter

• 5 ml vanieljegeursel

• 125 ml room

• 100 g donkersjokolade, gekap

• 100 g neute van jou keuse, fyngekap

Verhit die oond tot 180 °C. Gooi die koekmengsel in ’n mengbak, voeg die eiers, olie, melk en appelkooskonfyt by, en meng dit tot ’n gladde beslag. Vou die sjokoladesplinters daar by in. Gooi die mengsel in ’n diep ringkoekpan (wat 2 liter hou) wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Bak die mengsel vir 30-35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Maak die sous terwyl die koekbak deur die ingedampte melk, water, suiker, botter en vanielje tot kookpunt te verhit. Haal die koek uit die oond en gooi die sous oor. Laat dit vir ’n paar minute staan tot al die sous ingetrek het. Verhit die room tot kookpunt, gooi dit oor die sjokolade en roer dit tot glad. Keer die koek uit op ’n opdienbord, gooi die sjokoladesous en neute oor, en sit dit voor.

LEES OOK:

Herman se Hertzog-koek