Melk-potbrood met sjokoladesous

akkreditasie
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 8

SJOKOLADESOUS

Plaas al die bestanddele vir die brood, behalwe die melk, in ’n elektriese menger se bak. Begin die deeg met die deeghaak op mediumhoë spoed meng terwyl jy genoeg melk bygooi tot ’n sagte kniebare deeg vorm. Knie vir 5-8 minute. Plaas die deeg in ’n skoon bak wat gesmeer is met olie en maak toe met kleefplastiek. Laat rys vir 30-35 minute op ’n warm plek of tot dubbel die volume. Terwyl die deeg rys, kry kole mediumwarm. Verdeel die deeg in 16 balle. Spuit ’n pot of pan wat oor die kole kan staan goed met kleefwerende kossproei en plaas die deegballe daarin. Maak die pot toe met tinfoelie. Krap die kole in die middel weg na die buitekante van die braaier – daar moet geen kole onder die pot wees nie. Plaas die rooster sowat 20 cm bokant die kole en plaas die pot met die brood in bo-op die rooster. Laat vir 25-30 minute stadig bak of tot die brood goudbruin en gaar is. Terwyl brood braai, bring die sjokolade en room tot kookpunt in ’n klein kastrol en roer tot ’n gladde sous vorm. Verwyder die gaar brood uit die pot en sif versiersuiker oor. Sit voor met die sjokoladesous en roomys.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees