(genoeg vir 800 ml)

  • 2 x 385 g-blikke kondensmelk
  • 10 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 220 °C. Skep kondensmelk uit in oondpan van 20 x 20 cm en meng vanieljegeursel by. Maak pan stewig toe met foelie en plaas in tweede oondbak wat halfpad so diep as die kondensmelkpan met kookwater gevul is. Plaas in oond en bak sowat 90 minute of tot kondensmelk goudbruin is. Jy kan dit langer bak as jy ’n dieper kleur verkies. Skep gebakte kondensmelk in mengbak en klits by hoë spoed tot glad. Skep in gesteriliseerde houers en hou in yskas. Gebruik as vulsel vir koek of eet saam met nagereg.