Genoeg vir 6

  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 40 g (100 ml) kakao
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 eier
  • 5 ml sout
  • 125 ml karringmelk
  • 125 ml sonneblomolie
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml kookwater

Sous:

  • 45 g (55 ml) sagte bruinsuiker
  • 30 g (75 ml) kakao
  • 125 ml sterk swart koffie

Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele vir die koek in die mengbak van ’n elektriese menger. Meng goed teen medium-spoed. Klits die sous se bestanddele goed saam. Skep sjokoladekoekmengsel in koppies met ’n volume van sowat 150 ml. Skep 2 groot eetlepels sous bo-op. Plaas koppies in oondbraaibak en vul bak met kookwater tot so halfpad teen die koppies op. Bak 35 minute in warm oond. Haal versigtig uit en sit warm voor.