Appeltert met karamel en roomys

FOTO Donna Lewis

genoeg vir 8

  • 45 ml botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 3 eiers
  • 60 ml melk
  • 140 g (250 ml) bruismeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 410 g-blik baba-appels of tertappels
  • fudgesous en roomys vir voorsit

SOUS

  • 10 ml karamelgeursel
  • 250 ml ingedampte melk
  • 200 g (250 ml) suiker

Verhit oond tot 180 C. Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers by en klits goed. Voeg melk, meel en bakpoeier by en meng tot gladde beslag. Dreineer appels. Pak agt oondvaste koppies op ’n bakplaat en spuit elkeen goed met kleefwerende kossproei. Verdeel beslag tussen koppies. Plaas ’n appel bo-op beslag in elke koppie, dit sal insink terwyl dit bak. Plaas bakplaat met koppies in warm oond en bak 15-20 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

SOUS

Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n middelslagpot en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor tert in elke koppie sodra dit uit die oond kom. Sit voor met fudgesous en roomys.