GENOEG VIR 1 KAASKOEK VAN 25 CM KORS

• 1 x 200 g-boks sjokoladekoekies (Romany Creams)

• 100 g (108 ml) botter, gesmelt

VULSEL

• 250 ml room

• 100 g 70%-donkersjokolade, fyngekap

• 100 g melksjokolade, fyngekap

• 100 g witsjokolade, fyngekap

• 750 g roomkaas

• 1 x 385 g-blik kondensmelk

• 105 g (125 ml) strooisuiker

• 2 eiers

• 10 ml vlapoeier

• 4 x 55g toffiesjokolade (Bar-One)

• 100 ml room

1. Verhit oond tot 160 °C. Spuit ’n 25 cm-losboomkoekpan met kossproei. Plaas op bakplaat. Kap koekies fyn en meng met gesmelte botter. Voer bodem van pan uit met koekiemengsel en druk stewig vas. Plaas in yskas tot benodig. Verhit room tot kookpunt. Plaas 3 soorte gekapte sjokolade in drie bakke. Verdeel warm room tussen bakke (sowat 80 ml in elk). Roer tot gesmelt. Laat eenkant afkoel. Klits roomkaas, kondensmelk, suiker, eiers en vlapoeier in ’n elektriese menger tot lig en romerig. Verdeel tussen drie groot mengbakke en voeg een soort gesmelte sjokolade by elke bak. Meng goed.

2. Skep donkersjokolade-mengsel eerste in uitgevoerde ringvorm.

3. Gooi witsjokolade-mengsel volgende oor.

4. Rond af met melksjokolade-mengsel. Bak 40 minute en verminder oond se temperatuur tot 120 °C. Bak nog ’n uur. Skakel oond af en laat kaaskoek afkoel in oond. Smelt toffiesjokolade en room saam oor lae hitte terwyl jy heeltyd roer. Laat afkoel tot dik sous vorm. Skep oor kaaskoek. Verkoel oornag in yskas. Verwyder ring, garneer met sjokoladeskerwe en sit voor.

*Hierdie resep het oorspronklik in SARIE KOS Februarie / Maart 2015 verskyn.