#SOETTERT: Sjokolade-haselneuttert

akkreditasie
Sjokolade-haselneuttert FOTO Micky Hoyle
Sjokolade-haselneuttert FOTO Micky Hoyle
Ons deel elke dag 'n tert tot Kersfees! Maak seker jy maak môre weer 'n draai vir die soet bederf.

Die tert word in ’n bak met ’n deursnee van 24 cm gebak.

Koekiekrummelkors

genoeg vir 1 tert

• 1 pak (200 g) koekies (bv. Tenniskoekies)

• 150 ml gesmelte botter

Kap koekies fyn in voedselverwerker. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Haal uit en druk vas op bodem en rand van 24 cm-tertbak. Verhit oond tot 180 °C. Bak 10 minute in warm oond. Haal uit en laat afkoel.

Gooi 400 ml room, 2 ml vanieljegeursel en 100 g (120 ml) strooisuiker in ’n kastrol. Verhit tot net voor kookpunt, maar moenie laat kook nie. Breek 400 g 70%-donkersjokolade in ’n mengbak en voeg 50 g (55 ml) botter by. Gooi warm roommengsel oor en roer tot sjokolade en botter gesmelt het. Skep in uitgevoerde tertbak en laat stol minstens 4 uur in yskas. Braai 100 g gepelde haselneute in pan tot net bruin. Sprinkel neute bo-op vulsel en sit voor.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees