Biltong-en-lamsop (harira)

akkreditasie
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange
Dié klassieke sop uit Noord-Afrika word gekenmerk deur die geure van kaneel, koljander en komyn. Ek voeg biltong by om al daardie geure groter te maak.

genoeg vir 6-8

  • 60 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 5 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn komyn
  • 5 ml kaneel
  • 500 g lamsvleisblokkies
  • 2 x 400 g-blikke gekapte tamaties
  • 50 g split-ertjies
  • 1 000 ml beesaftreksel
  • 150 g gesnyde biltong met baie vet
  • 1x400 g-blik kekerertjies (chick peas)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol koljanderblare, fyngekap

Verhit olyfolie in middelslag-pot. Voeg ui by en braai 2 minute. Voeg fyn koljander, komyn en kaneel by. Braai nog 1 minuut. Voeg vleis by en braai tot goudbruin. Voeg tamaties, split-ertjies, aftreksel en biltong by. Verlaag hitte en laat prut 2 uur stadig met deksel op. Voeg kekerertjies by en kook 15 minute. Geur goed met sout en peper. Roer gekapte koljander net voor ete by. As sop te dik is, roer nog aftreksel by

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees