Aartappel-platbrood

akkreditasie
FOTO Micky Hoyle
FOTO Micky Hoyle
Dis byna soos pizza, maar heerlik lig. Die vars rou uie bo-op maak dit ekstra lekker.

genoeg vir 4

PLATBROOD

  • 125 ml kapokaartappels (mashed potatoes)
  • 10 g kitssuurdeeg
  • 5 ml suiker
  • 210 g (375 ml) koekmeel
  • 15 ml olyfolie
  • 3 ml sout
  • 125 ml melk

AFRONDING

  • sowat 80 ml olyfolie
  • 250 g suurroom (crème fraîche)
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • handvol basiliekruidblare, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 rooi-ui, gehalveer en in baie dun skyfies gesny
  • 100 g groen olywe, gedreineer en gehalveer

PLATBROOD: Plaas oorskietkapokaartappels in ’n bakkie en maak toe met kleefplastiek. Verhit kapokaartappels in mikrogolf tot net warm. Plaas in groot mengbak en voeg res van bestanddele by. Meng goed met hande tot deeg vorm. Die deeg moenie te styf wees nie. Plaas deeg op meelbestrooide werkvlak en knie 10 minute tot elasties. Smeer ’n skoon mengbak liggies met olyfolie en plaas deeg in bak. Smeer bietjie olyfolie bo-op deeg en maak bak toe met kleefplastiek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume. Dit kan tot 2 uur duur.

AFRONDING: Verhit oond tot 180 °C. Haal deeg uit bak en plaas op meelbestrooide werkvlak. Knie sowat1minuut en verdeel in twee. Rol deeg uit in twee sirkels van sowat 25 cm in deursnee. Verhit helfte van olyfolie in groot pan en plaas een deegsirkel in warm olie. Braai tot goudbruin aan een kant en draai versigtig om. Braai ander kant ook goudbruin. Dit duur net ’n paar minute. Plaas op bakplaat en braai ander deegsirkel. Laat sirkels effens afkoel en smeer suurroom bo-op. Sprinkel parmesaankaas en basiliekruid bo-op en geur met sout en peper. Plaas in oond en bak 15 minute. Haal uit en sprinkel ui en olywe bo-oor. Sit dadelik warm voor.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees