Frikkadelletjies met koeskoes en ertjies

akkreditasie
Dis die lekkerste manier van kook. Gooi alles saam - vleis, groente, kruie - en proe hoe goed pas al die geure in net een pot.

(4 porsies)

• 30 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 blik (400 g) gekapte tamaties

• 250 ml koeskoes

• 250 ml hoenderaftreksel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 350 ml bevrore ertjies

• 300 g klaargaar beesvleis-frikkadelletjies

• 125 ml witwyn

Verhit olyfolie in diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en laat kook sowat 5 minute. Voeg koeskoes by en roer goed met vurk. Verlaag hitte en voeg aftreksel by. Geur met sout en peper. Maak pan toe met deksel. Laat staan sowat 5 minute. Voeg ertjies, frikkadelle en witwyn by. Maak weer toe met deksel en hou op hitte tot frikkadelle warm is.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees