Deel

Oondgebraaide T-been-steaks

akkreditasie
FOTO Micky Hoyle
FOTO Micky Hoyle
Jy hoef steak nie nét te braai nie.

Laat die slagter jou steaks sny so dik soos jy dit wil hê. Hoe dikker die steak, hoe langer sal die braaiproses duur, na gelang van hoe gaar jy van jou vleis hou. Die steaks wat ek gebruik het, is baie groot – maklik genoeg vir 4 mense.

(genoeg vir 2 - 4)

  • 2 t-been-steaks van 700 g elk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 100 g (110 ml) botter
  • sowat 10 vars heel salieblare
  • 45 ml kappertjiesaad

Verhit oond tot 180 ºC. Plaas steaks op ’n bord en geur met sout en peper. Gooi olyfolie oor en smeer steaks goed aan albei kante. Verhit ’n riffelpan en braai steaks weerskante tot net bruin – nie langer as sowat 2 minute nie. Plaas op afkoelrak op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Plaas in oond vir sowat 15 minute. Die steaks gaan nog baie pienk in die middel wees. Oondbraai verder afhangend van hoe gaar of rou jy van jou steak hou. Haal uit en laat rus sowat 10 minute. Terwyl steaks rus, plaas botter, salie en kappertjiesaad in ’n kastrol. Verhit kastrol op stoofplaat tot botter begin smelt en net-net begin skuim vorm. Haal af en skep oor steaks. Sit dadelik voor.

Vleissnit gebruik – T-been-skyf, die snit is kenmerkend oor die been in die middel wat soos ‘n T lyk. Aan die een kant het jy ‘n stukkie filet en die groter stuk vleis is sirloin.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees