genoeg vir 6

  • 4 groot patats (2 kg), met skil aan
  • 140 g (150 ml) botter, gesmelt
  • 80 ml heuning
  • 125 ml donker rum
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g pekanneute, grofgekap

Slaaisous

  • 80 ml olyfolie
  • 20 ml dijonmosterd
  • 45 ml heuning
  • 60 ml witwynasyn

Verhit oond tot 180 °C. Skrop patats in water met skoon kombuisborsel. Sny patats in skywe van 1,5 cm dik. Meng botter, heuning, rum en knoffel saam. Geur met sout en peper. Gooi oor patats en maak pan toe met tinfoelie. Rooster vir 25 minute. Haal foelie af en rooster verder tot goudbruin en gaar. Terwyl patats rooster, meng al die bestanddele vir die slaaisous saam met ’n draadklitser. Pak gaar patats op opdienbord. Sprinkel neute oor en skep sous oor.