genoeg vir 6-8

  • 6 sagte avokado’s, geskil en ontpit
  • 200 ml koue hoenderaftreksel
  • 250 ml dubbeldik volroom-jogurt
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 brandrissies, fyngekap
  • groot hand vol koljanderblare
  • 50 ml sjerrie- of rooiwyn-asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 kg gebreekte ys
  • 100 g gesoute amandels, grofgekap

Plaas al die bestanddele behalwe die sout en peper, ys en amandels in ’n groot mengbak en verpulp met staafmenger tot glad. Voeg nog aftreksel by as die mengsel te dik is – jy kan self besluit hoe romerig jy dit wil hê. Geur baie goed met sout en peper. Gooi sop in opdienbak en plaas bak in gebreekte ys. Sprinkel amandels oor en sit voor.