• 200 g Cream Crackers (24 beskuitjies)
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 125 ml vlapoeier
  • 1 liter melk
  • 80 g (85 ml) botter, in blokkies gesny
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 ml versiersuiker, gesif
  • sap van 1 suurlemoen

Spuit ’n bak van 20 x 15 cm en sowat 2 cm met kleefwerendekossproei. Pak ’n laag Cream Crackers onder in die bak – sorg dat die breeklyne van die beskuitjies in dieselfde rigting wys. Verhit helfte van die melk in middelslag pot oor hoë hitte tot warm. Meng nou die suiker, vlapoeier, res van melk en vanielje saam. Gooi by warm melk terwyl jy klits oor hoë hitte of tot vla verdik soos witsous, sowat 10 minute. Skakel hitte af en gooi botter by. Roer tot gesmelt. Giet dan die vlamengsel versigtig oor die beskuitjies in die bak sodat hulle nie rondskuif nie; smeer gelyk. Pak die oorblywende beskuitjies bo-op die vla en maak seker die breeklyne wys in dieselfde rigting as dié van die onderste beskuitjies. Laat stol oornag in die yskas. Meng die versiersuiker en suurlemoensap, skep dit oor die skywe en smeer eweredig. Laat stol vir ’n paar minute. Sny in blokke so groot soos jy verkies – gebruik die breeklyne as riglyn. Sit voor.