genoeg vir 4-6 porsies

  • 45 ml olyfolie
  • 2 uie, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 15 ml masala
  • 15 ml fyn koljander
  • 30 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 500 g maer maalvleis
  • 1 x 410 g-blik tamaties
  • 1 x 400 g-blik klappermelk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 410 g-blik borlotti-bone, gedreineer
  • 1 x 410 g-blik cannellini-bone, gedreineer
  • hand vol vars koljander, gekap

Verhit olyfolie tot warm in middelslagpot. Voeg uie en knoffel by en braai 3-5 minute of tot begin verbruin. Voeg speserye by en braai nog 1 minuut. Voeg maalvleis by en braai sowat 5 minute of tot bruin. Voeg tamaties en klappermelk by. Geur goed met sout en swartpeper. Verlaag hitte en laat 35-45 minute stadig prut of tot kerriemengsel dik en romerig word. Voeg bone by en laat nog 5 minute prut. Verwyder van hitte en