Die beste pannekoek-resepte nóg

akkreditasie
Onthou jy die kerkbasaar waar jy in ’n lang tou by die pannekoekstalletjie staan? Wanneer jy uiteindelik voor kom, is warm pannekoek bestrooi met kaneelsuiker in jou hande geplaas. Pannekoek kom van ver en sy evolusie is fassinerend, loer hier:

Amerikaanse ontbytpannekoekmet bloubessies

’n Onlangse besoek aan Amerika het Herman van voor af verlief gemaak op plaatkoekies. Hulle noem dit pannekoek, so dit verdien ’n plekkie op ons lys van beste resepte. 

Klik hier vir die resep

Klassieke SA pannekoek

Dié resep het Herman se ouma nog by haar ma gekry. Dis ’n groot gunsteling in die Lensing-huishouding!

Klik hier vir die resep

Hollandse pof-pannekoek

Hierdie anderste pannekoek het ’n taaier tekstuur as waaraan ons gewoond is. Die geheim agter die lekkerte is om dit in ’n gietysterpan te bak. 

Klik hier vir die resep

Franse lemoen-crêpes

Wie sal ooit crêpes Suzette uit die jare tagtig vergeet? Die kelner wat met die trollie na jou tafel kom en die crêpes netjies vou en flambé met brandewyn. 

Klik hier vir die resep

Argentynse karamel-pannekoek

Gedagtes aan Argentinië laat Herman altyd dadelik karamel proe. Tradisioneel sal jy dulce de leche hier kry, wat gemaak word van melk wat tot ’n goue karamel afgekook word. 

Klik hier vir die resep

Lees en stoor die nuutste SARIE KOS aanlyn:

As jy na die bestanddele-lys wil kyk, ’n lekker stories wil lees of resep vir ’n vriendin wil wys, is die SARIE KOS maklik byderhand op jou selfoon, tablet of rekenaar. ’n Resepteboek in jou handsak teen 'n baie spesiale prys, klik hier.

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees