Episode 1:

Ná die verlies van sy ma vier Herman Lensing haar lewe en liefde vir kos in ’n plattelandse kombuis naby Malmesbury. Arina du Plessis kuier in Episode 1 by hom en saam maak hulle kos wat proe soos huis.

Groenboontjiebredie
Groenboontjiebredie FOTO Skermgreep uit 'Dit proe soos huis'

Groenboontjiebredie

Jy het nie baie (of duur) vleis nodig om hierdie treffer te maak nie — sorg net dat daar ’n vetjie aan is.

genoeg vir 6

  • 350 g stoweskaapvleis, in stukkies gesny (ek gebruik graag rib)
  • Sout en witpeper
  • 30 ml olie
  • 2 uie, grof gekap
  • 5 ml gemaalde koljander
  • Water
  • 4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 400 g groenbone, skoongemaak en gekerf
  • Skeut vars suurlemoensap 

Geur die vleis met sout en peper en braai dit bruin in die olie in ’n swaarboomkastrol. Voeg die uie en koljander by en braai dit saam met die vleis vir ongeveer 3 minute, of tot die uie begin sag word. Voeg genoeg water by om die vleis heeltemal te bedek. Verhit tot kookpunt, draai die stoofplaat laag en prut stadig vir sowat 90 minute, of tot die vleis sag is. (Kyk dat daar deurentyd genoeg vloeistof in die kastrol is.) Voeg die aartappels en boontjies by en geur liggies met nog ‘n bietjie sout en witpeper, maar moenie roer nie. Verhit weer tot kookpunt, bedek die kastrol en prut vir 30-40 minute tot die aartappels en boontjies gaar is. Gee nou eers die bredie ’n roer, geur vir oulaas na smaak en rond af met ‘n skeut vars suurlemoensap. Sit voor op gestoomde witrys.

Kyk die proe soos huis op VIA-tv (kanaal 147):

Maandag om 17:30 met

Heruitsending op Maandae om 11:30 en 23:30, Woensdae om 19:00 en Sondae om 16:30