Episode 2:

Dié week kuier die koskenner en Sam Woulidge by Herman Lensing op 'n plaas net buite Malmesbury. Saam maak hulle kos wat proe soos huis, soos Sam se ma se wortelkoek. 

Groenboontjiebredie
Groenboontjiebredie FOTO Skermgreep uit 'Dit proe soos huis'

Marie se wortelkoek

Onthou die woorde van Sam se Ma Marie as jy die koek bak: ‘Sif hoog, Sara, sif hoog.’

genoeg vir 1 koek

  • 500 ml suiker
  • 500 ml koekmeel, gesif
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 5 ml kaneel
  • 375 ml kanola olie
  • 500 ml gerasperde wortels
  • 4 eiergele
  • 250 ml pekaneute, grofgekap
  • 4 eierwitte, styfgeklop

Versiering

  • 250 g versiersuiker
  • 45 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250 g sagte roomkaas

Verhit oond tot 180 C. Voer twee 22 cm koekpanne uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei.  Sif die droë bestanddele saam en voeg dan by eiergele, olie, wortels en neute. Meng saam. Vou stywe eierwitte in by mengsel en verdeel beslag tussen koekpanne. Bak vir 30-35 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Maak nou versiersel: Klis alles vir die versiersel saam tot lig en romerig. Plaas eerste koeklaag op bord. Smeer helfte van versiersel oor koek. Plaas tweede laag bo-op en smeer met res van versiersel. Versier met ekstra pekaneute.

Kyk die proe soos huis op VIA-tv (kanaal 147):

Maandag om 17:30 met

Heruitsending op Maandae om 11:30 en 23:30, Woensdae om 19:00 en Sondae om 16:30

Vorige episodes se resepte:

Episode 1: Groenboontjiebredie