Dié staatmaker is so baie op my tafel, ek kan dit al toe-oë maak. Sit voor met warm brood met ’n lekker dik kors.
- 500 g maer beesmaalvleis
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 2 snye brood, fyngekrummel
- 2 x 410 g-blikke tamatiepuree
- 200 g vars mozzarellakaas
- slaai van jou keuse vir voorsit
- olyfolie, sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 °C. Meng maalvleis, ui, knoffel en broodkrummels. Geur goed met sout en peper. Vorm in frikkadelle die grootte van jou keuse. Pak in oondroosterpan. Sprinkel bietjie olyfolie oor. Gooi tamatiepuree oor frikkadelle en pak skywe mozzarella bo-op. Bak vir sowat 25-30 minute of tot frikkadelle gaar is. Sit voor met vars slaai van jou keuse.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET