Groenslaai soos nog nooit gesien nie!

akkreditasie
Groenslaai soos nog nooit gesien nie!
Groenslaai soos nog nooit gesien nie!
Die slaai lyk baie fênsie, maar dis verspot maklik om te maak.

genoeg vir 8

SOUS

  • 45 ml heuning
  • 30 ml korrelmosterd
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 100 ml olyfolie
  • 100 ml jogurt

SLAAI

  • 6 baba-gem-slaaikoppe, in kwarte gesny
  • 24 vars aspersies, in kookwater gedompel
  • 12 sagte-stingel-broccoli (tender stem), in kookwater gedompel
  • hand vol vars basiliekruidblare

Meng al die bestanddele vir die sous saam en hou eenkant. Pak slaaikwarte, aspersies en broccoli in groot slaaibak. Skep sous oor en garneer met vars basiliekruid. Sit voor.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees