Italiaanse caprese-pasta

genoeg vir 4-6

  • 60 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g-pak kersietamaties, gehalveer
  • 1 hand vol vars basiliekruid, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 400 g spaghetti
  • 300 g sagte mozzarellaballe
  • 120 g-houer basiliekruidpesto

Plaas olyfolie in middelslagpot saam met kno el en verhit tot warm. Voeg tamaties by en braai tot al die sap loskom, sowat 5-8 minute. Voeg basiliekruid by en meng deur. Gebruik aartappeldrukker en druk tamaties fyn tot ’n sous vorm. Geur goed met sout en peper. Hou eenkant terwyl jy pasta gaarmaak volgens aanwysings op die pak. Dreineer. Voeg pasta by sous en meng deur. Skep op dienbord en breek mozzarellaballe in kleiner stukkies bo-op pasta. Skep pesto oor en sit voor.

Wil jy jou vaardighede in die kombuis opskerp? Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, sjefs en ander kosghoeroes deel hul geheime met jou. Ja, Slimmer met SARIE,  aanlyn kookkursus bestaan uit 13 klasse en jy kan die klasse kyk soos jy dit nodig kry. Plus jou intekening verval nie! Besoek nou die webtuiste.