genoeg vir 1 tert

  • 200 g tennisbeskuitjies
  • 2 pakkies aarbeijellie
  • 500 ml kookwater
  • 400 ml vanieljejogurt
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 x 410 g-blik ingemaakte koejawels
  • 250 ml vars room, geklop

Voer 20 x 12 cm-broodpan met kleefplastiek uit. Pak ’n laag koekies op bodem van pan. Laat staan koekies reg rondom die kante van die pan. Maak jellie aan met kookwater en laat staan tot afgekoel tot kamertemperatuur. Plaas jogurt, kondensmelk en koejawels in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot gladde mengsel. Voeg by jellie en roer tot goed gemeng. Klop room tot sagte punte vorm en vou by jogurtmengsel in. Skep helfte van mengsel op koekies in pan. Pak nog ’n laag koekies op vulsel en skep res van vulsel bo-op. Plaas oornag in yskas om te stol. Lig tert met behulp van kleefplastiek uit pan. Plaas op dienbord en sit voor met vars bessies.