Koffie-en-kondensmelk-Panna Cotta

FOTO Michael le Grange

genoeg vir 6-8

  • 15 g gelatien
  • 115 ml melk
  • 385 g-blik kondensmelk
  • 100 ml baie sterk koffie (espresso)
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 500 g dubbeldik jogurt
  • versiersuiker vir oorsif
  • vars bessies vir voorsit

Plaas gelatien in ’n klein bakkie en gooi ’n klein bietjie koue water oor. Laat staan tot sponsagtige tekstuur, sowat 1 minuut. Verhit melk, kondensmelk, koffi e en vanielje saam in ’n kastrol. Haal van hitte af en voeg gelatien by. Roer tot gesmelt. Gooi jogurt by en meng goed. Skep in ’n mooi patroonpan of individuele bakkies en plaas in yskas tot gestol. Sit voor met versiersuiker en bessies.