Tradisioneel word die koekies aanmekaar geplak met ’n vulsel van suiker en koffie. Ek vervang dit met gesmelte sjokolade, wat minder moeite is.

genoeg vir 50-60

  • 500 g (540 ml) botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 350 g (250 ml) gouestroop
  • 2 eiers
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml sout
  • 30 ml koffiegeursel
  • 1 kg koekmeel
  • 100 g donkersjokolade, gesmelt

Klits botter, suiker, vanieljegeursel en gouestroop saam tot lig en donsig. Terwyl jy klits, voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Los koeksoda en sout in koffiegeursel op en voeg by bottermengsel. Meng goed. Sif meel by en meng goed tot ’n sagte koekiedeeg vorm. Maak bak toe met kleefplastiek en laat rus vir 20 minute by kamertemperatuur. Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg deur ’n langwerpige plaatjie vooraan ’n vleismeul as jy een het, of rol met ’n koekroller op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Sny in sirkels of lang, dun repies (of nes jy verkies) en pak op bakplate wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 10-12 minute of tot ligbruin. Laat afkoel. Plak koekies twee-twee aanmekaar met gesmelte sjokolade.

Koffiekoekies FOTO Michael le Grange

In die nuwe SARIE KOS:

- Tydlose yskasterte!

- Sondag se bykosse, van Franse aartapelgebak tot pampoenkoek met karamelsous.

- Die lekkerste souttert

- 10 geurige maalvleis-resepte

En vele, vele meer.