Kosblik-idees: Hoenderfrikkadelle

akkreditasie
FOTO Willem Lourens
FOTO Willem Lourens
Vir variasie kan jy hierdie frikkadelle geur met vars kruie en selfs ook fyngerasperde wortel en murgpampoentjies byvoeg vir ekstra voedingswaarde.

MAAK SOWAT 12 KLEIN FRIKKADELLE

• 30 ml olyfolie

• 1 ui, fyngerasper

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 400 g hoenderborsies, in groot blokkies gesny

• 200 g oorskietpatat, fyngedruk

• 1 eier

Verhit die olyfolie in ’n kleefvrye pan. Braai die ui en knoffel saam tot sag en gaar. Verwyder uit die pan en laat heeltemal afkoel. Plaas die hoenderborsies in ’n voedselverwerker en pols tot ’n fyn mengsel. Skep uit in ’n goot mengbak. Voeg die uiemengsel, patat en eier by en meng goed deur. Rol klein frikkadelle. Braai in ’n kleefvrye pan met ’n bietjie olyfolie tot goudbruin en gaar. Sit voor met Griekse-styl jogurt, babaworteltjies, babamielies, komkommer, suikerertjies en kersietamaties.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees