
FOTO Willem Lourens
Hierdie “koeldrank” is basies net gegeurde water. Dit is ’n lekker manier om jou kind aan te moedig om meer vloeistof in te neem.
MAAK SOWAT 2 LITER
• 250 g gevriesde mango’s
• 60 ml laevetjogurt
• 250 ml ys
• 1,5 liter water
Plaas die mango’s, jogurt, ys en 250 ml van die water saam in ’n voedselverwerker. Pols tot die vrugte en ys ’n smoothie vorm. Verdun die mengsel met die res van die water. Sit yskoud voor.