Lamstjops in parmesaankrummels

FOTO Michael le Grange vir SARIE KOS Somer 2021

genoeg vir 4-6

  • 6 salieblare, fyngekap
  • 50 g parmesaankaas, fyngerasper,
  • plus ekstra vir voorsit
  • 100 g broodkrummels
  • 6 saaltjops (saddle chops)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 3 eiers, geklits
  • olyfolie vir braai

BRUINBOTTER

  • 115 g (125 ml) botter
  • 6 salieblare

Meng salie, kaas en broodkrummels. Geur tjops goed met sout en peper. Doop eers in meel, dan in geklitste eier (maak seker die tjops is oral met eier bedek). Doop laastens in krummelmengsel en druk die krummels stewig vas. Verhit olyfolie in ’n braaipan. Braai die krummeltjops vir 5-8 minute per kant tot mooi goudbruin. Haal uit die pan en laat rus terwyl jy die bruinbotter maak: Plaas botter in middelslagkastrol oor lae hitte. Verhit stadig tot botter begin verbruin. Voeg heel salieblare by en verwyder van die hitte. Plaas tjops op dienbord en skep bruinbotter oor. Sit voor met ekstra parmesaan en slaai van jou keuse.