genoeg vir 24 “ribbetjies”

  • 4 groot geelmielies
  • 60 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

GROENSOUS

  • 6 takkies roosmaryn, stingels verwyder
  • 1 hand vol mentblare
  • 100 ml olyfolie
  • 50 g parmesaankaas, gerasper
  • 100 g pekanneute

Bring pot met water tot kookpunt en kook mielies vir 8-10 minute of tot sag en amper gaar. Dreineer en laat afkoel tot koud. Gebruik skerp mes en sny mielies in kwarte. Verhit riffelpan tot warm. Sprinkel olyfolie oor mieliekwarte en braai in warm pan tot mielies begin verbruin, sowat 5 minute. Geur goed met sout en peper. Plaas al die bestanddele vir die groensous in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot glad. Pak warm mielies op dienbord en sit voor met groensous.