Hier is ons weergawe van daardie warm drankie. 

KOS
FOTO Marzanne Schoeman

Chocolat se warmsjokolade

genoeg vir een beker warmsjokolade 

Bestanddele 

  • 125 ml volroommelk
  • 125 ml room
  • 1 rooi brandrissie, in lengte gehalveer en ontpit
  • 1 kaneelstokkie
  • ½ teelepel vanielje-ekstrak (of 'n vanieljepeul)
  • 'n knippie neutmuskaat
  • 'n hand vol bittersjokolade, gekap
  • 1 teelepel bruinsuiker (opsioneel)
  • geklopte room
  • kakaopoeier vir oorsif of sjokoladekrulle

Metode 

Warm die melk en room op in 'n klein kastrol op die stoofplaat. Voeg die brandrissie, die kaneelstokkie, die vanielje-ekstrak en die neutmuskaat by die melk. Voeg die blokkies sjokolade by sodra die melk warm is (die melk moet nie kook nie) en roer tot gesmelt. Voeg die bruinsuiker by. Verwyder van hitte en laat die mengsel vir 10 minute staan sodat die geure verder kan intrek. Verwyder die brandrissie en kaneelstokkie en gooi die mengsel deur 'n sif om te verseker dat dit seepglad is. Plaas dit nou weer in die kastrol oor lae hitte tot warm. Gooi in bekers en plaas geklopte room bo-op. Sif kakoopoeier of strooi sjokoladekrulle oor. Bedien dadelik. 

KOS
FOTO Marzanne Schoeman

*Resep geïnspireer deur Joanne Harris en Fran Warde se resep uit My French Kitchen