genoeg vir 12-16 poffers

  • 480 g (500 ml) gaar pampoen
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sonneblomolie vir diepbraai

KARAMELSOUS

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 75 g (80 ml) botter
  • 100 ml water
  • 250 ml room
  • 5 ml fyn gemmer
  • 100 g gemmerkoekies, gekrummel

Druk pampoen fyn met aartappeldrukker. Voeg koekmeel, bakpoeier en eiers by. Meng deeglik met houtlepel. Geur goed met sout en peper. Verhit olie vir diepbraai in groot pot – die olie moet minstens 10 cm diep wees. Moenie olie te warm maak nie. Gebruik ’n roomyslepel, doop dit in die warm olie en skep ’n lepel vol pampoenbeslag. Laat dit uit die roomyslepel in die olie val. Skep nog lepels beslag en laat gly in pot totdat die oppervlak vol is. Plaas deksel op pot en braai 5 minute. Maak pot oop, draai poffers om en plaas deksel weer op pot. Haal gaar poffers met gaatjieslepel uit pot en dreineer op kombuispapier. Herhaal tot al die poffers goudbruin en gaar is. Stel plaat laer as die olie te warm raak, anders gaan poffers brand voor dit gaar is binne. Karamelsous Plaas suiker, botter en water in middelslagpot. Bring tot kookpunt en roer oor lae hitte met houtlepel tot suiker gesmelt het. Verhoog hitte en kook tot goue karamel vorm, 8-10 minute. Voeg room en gemmer by, meng en bring weer tot kookpunt. Laat sous afkoel tot louwarm en gooi oor poffers. Sit voor met koekiekrummels.