Die harissapasta gee hierdie geurige gereg die tipiese smake van Marokko. Dis maklik om te maak.

Genoeg vir 6

  • 45 ml kanola-olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 500 g ekstra-maer maalvleis
  • 45 ml harissa-pasta
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x basiese platbrooddeeg
  • 6 eiers
  • 200 g kersietamaties

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie tot warm in groot braaipan. Voeg ui, maalvleis en harissaby. Roerbraai tot maalvleis halfgaar en goed gemeng is met ander bestanddele. Geur met sout en peper. Sprinkel meel op werkvlak en verdeel deeg in twee. Rol uit tot sowat 5 mm dik in ’n vorm van jou keuse. Plaas deeg op bakplaat wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Skep maalvleismengsel bo-op en maak gelyk. Breek eiers bo-op en pak tamaties rondom. Bak 12-15 minute of tot eiers gaar is. Sit voor met vars kruie van jou keuse.

ONTLEDING PER PORSIE

kilojoules 1 963,80; koolhidrate 34 g;
proteïen 28,3 g; vet 20 g