Die geheim is in die geurige sous. Klaargaar winkelhoender kom aan die einde by en dan is dit ’n feesmaal.

genoeg vir 4

* 45 ml olyfolie

* 1 ui, fyngekap

* 2 kno elhuisies, fyngekap

* 30 ml heel vinkelsaad

* 20 ml fyn koljander

* 3 lourierblare

* 6 kardemompeule, oopgebreek

* 60 ml kerriepoeier

* 400 ml-blik klappermelk

* 410 g-blik gekapte tamaties

* 1 gaar hoender, van bene af gevlok

* sout en varsgemaalde swartpeper

* 410 g-blik botterbone, gedreineer

Verhit olyfolie tot warm in groot braaipan. Voeg uie, kno el en al die speserye by. Roerbraai vir 5 minute of tot uie begin verbruin – as dit lyk of die speserye begin brand, gooi ’n bietjie water by. Gooi klappermelk en tamaties by. Meng deur. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 10 minute of tot dik, romerige sous vorm. Voeg hoender by en meng deur. Geur goed met sout en peper. Voeg botterbone by en bring weer tot kookpunt. Sit warm voor met jogurt en rys.

DIE KORTPAD: Gaar winkelhoender is al baie jare lank die groot held as dit kom by tyd spaar. Maar dink verder as net hoender op die tafel, jy kan dit ook in resepte soos dié kerrie gebruik.