GENOEG VIR 8

  • 500 ml vanieljeroomys
  • 250 g bevrore aarbeie, ontdooi
  • hand vol kleurstrooisels (hundreds and thousands)
  • roomysvorm met 8 holtes van 250 ml elk
  • 8 hout-roomysstokkies
  • 100 g witsjokolade, gesmelt
  • eetbare silwer blinkers (glitter, kyk by bakwinkels)
FOTO Michael le Grange

Plaas roomys en aarbeie in menger en klits tot goed gemeng. Meng kleurstrooisels deur. Skep in roomysvorms en druk roomysstokkie in elke holte. Vries oornag. Doop vorm vinnig in kookwater en trek roomys uit. Doop elke roomys halfpad in gesmelte witsjokolade en dan die punte weer in silwer blinkers. Plaas op bakplaat met bakpapier in vrieskas tot sjokolade hard is. Sit voor.