Genoeg vir 6-8

  • 1 kg beet (sowat 8)
  • 80 ml olyfolie
  • 5 ml heel komynsaad
  • 1 rooi-ui, in skywe gesny
  • 30 ml versuikerde sitrusskil, fyngekap
  • 3 takkies vars dille, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 180 ml jogurt
  • 45 ml tahinismeer

Verhit oond tot 200 °C. Skil bete en draai elkeen apart toe in foelie. Plaas op oondroosterplaat en bak vir 40-45 minute of tot beet sag en gaar is. Terwyl beet bak, verhit olyfolie tot warm in braaipan. Voeg komyn by en braai ’n paar sekondes. Plaas warm olie in slaaibak en voeg uie, skil, sap en dille by. Meng deur. Haal beet uit oond en laat eff ens afkoel. Haal uit foelie en sny beet in kwarte. Voeg beet louwarm by uiemengsel, geur goed met sout en peper en maak bak toe. Laat oornag marineer in yskas. Sit voor: Meng jogurt en tahini. Plaas beet op dienbord en skep jogurt oor. Garneer met vars kruie soos kruisement.