genoeg vir 6-8

  • 375 ml (210 g) koekmeel
  • 5 ml sout
  • 20 ml suiker
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 eiers
  • 250 ml melk
  • 20 ml gesmelte botter
  • 60 ml baie sterk koffie
  • 250 g aangesuurde room (creme fraiche) vir voorsit

KARAMELSOUS

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 75 g (80 ml) botter
  • 100 ml water
  • 200 ml room
  • 45 ml baie sterk koffie

Sif meel, sout, suiker en bakpoeier saam. Klits eiers, melk en gesmelte botter saam en voeg koffie by. Meng gesifte bestanddele by eiermengsel en laat rus in yskas vir 15 minute.

Terwyl beslag rus, maak sous: Plaas suiker, botter en water in middelslagpot. Bring tot kookpunt en roer oor lae hitte met houtlepel tot suiker gesmelt het. Verhoog hitte en kook tot goue karamel vorm, so 8-10 minute. Voeg room en koffie by. Meng en bring weer tot kookpunt, verwyder van hitte en hou eenkant.

Verhit ’n wafelpan. Skep van die beslag in middel van pan. Braai tot bros en gaar. Hou gaar wafels warm in louwarm oond terwyl jy die res braai. Pak warm wafels op dienbord. Sit voor met room en karamelsous.