Ek is mal oor dadels in enige vorm, maar hierdie balletjies met die ligte rum-skop is buitengewoon lekker.
genoeg vir 40 balletjies
- 250 ml droe¨ klapper, plus ekstra vir rol
- 4 x 250 g-pakkies ontpitte dadels
- 80 ml haselneutlikeur (Frangelico)
- 45 ml nartjiesap
- skil van 1 nartjie
- 750 ml pofrys
Pols klapper, dadels, likeur, nartjiesap en -skil in ’n voedselverwerker tot’n growwe mengsel. Skep in groot mengbak en roer pofrys by. Vorm mengsel in klein balletjies en rol in ekstra klapper. Sit voor.
Wenk
Vir ekstra geur kan jy die klapper by 180 °C tot goudbruin oondrooster voor jy dit in die resep gebruik.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET